Thursday 3 November 2011

Frikkie Cool Creative - Riegerdt Deetlefs

Have a look at this weeks Frikkie Cool Creative, Riegerdt Deetlefs. A good friend of Frikkie Awesome putting out some amazing work...and yet again another Snor City Local!! Boom!


"I see what Van Gogh saw"
“EK sien myself as ‘n progressionist, ek kan dit voel, ek werk op emosie. Emotional intelligence is ‘n boek wat ek nou lees en Daniel Coleman praat van dit as belangriker as jou IQ .Dit is soos Horace Walpope sê: life is a comedy for those who think and a tragedy for those who feel. Ek hou van die idée dat emosies so belangrik is.My emosies beinvloed my kuns elke oomblik as ek verf en anders om. Kuns vir my is absoluut te doen met groei en ontwikkeling van die kunstenaar of mens en die ontdekking van emosies.”
“Kuns word vir my in twee verskillende maniere gesien. Aan die een kant kry jy die ‘stywes’wat die kuns wêrled baie ernstig opneem en ook aan die ‘commercial’ side van kuns val. Aan die ander kant is dit meer die ‘ontspannes’ of die ‘losses’wat die wêrled wil oorneem met hulle kreatiwiteit, menswees, uniekheid, idees, maniere of enige ding wat vir ontwikkeling help. Ontwikkelinge wat gaan help met ‘Progression’.”
“Om eerlik te wees word die wêreld vir my te ingewikkeld, onbetroubaar en beweeg te vinnig.
Dit is soos Jack Johnson sê, slow down everyone, you’re moving too fast,en ek sit in die middel. Ek will ok nie gesien word as die arme kunstenaar nie, ek weet dat ek oppad is erns heen, maar ek wil net nie die ‘Gallery uitweg kies nie. Om in ‘n gallery te werk onder iemand is nie my idée van kuns nie. “
“Dit is ‘n leefstyl wat elke dag aan gewerk moet word, maak nie saak of ek een stuk ‘n maand verkoop nie.Dis om bereid te wees om elke dag op te staan en kuns te maak.”
 
“Ek kies ook die primitiefste vorm van media, wat verf is, omdat ek met dit kan gebruik om enigeiets te skep.Frees is wat vir my my emosies vuur gee…”
“My kuns help my om te create om elke dag te create, al weet ek nie wat ek gaan maak nie, die vertroue om te groei in my kuns is vir my die belangrikste. Dit is soos om te glo in GOD, wil nie in geloof ingaan nie, maar dit speel ‘n belangrike rol in my creatiwiteit. Dit is baie eenvoudig, as jy glo, sal jy gered word, as jy soek sal jy vind en as jy vra sal dit vir jou gegee word. Ek vra elke dag om die gawe te kry om kuns te maak, en dit is hoekom dit werk, ek verstaan dit nie nootwendig ten volle nie (geloof) maar ek waardeer dit baie.”

1 comment:

  1. Kom kyk bietjie by Salt & Pepper Publishing in Hatfield Square na nog van Riegerdt se kunswerke. Hul is ook te koop deur ons of deur met hom kontak te maak. S&P Publishing - 012 362 6420. Once!

    ReplyDelete