Wednesday 2 November 2011

MOVEMBER-DAY 2

Snor Tjips:
A dear friend of ours Ruan van der Merwe wrote a little something for the gents for the month of Movember .Just a guideline of Do's&Don'ts! Take a look.
Snor ettiket in Snorbaai..
Dis amptelik die maand van die Snor, as ek my sin kon kry, sou elke maand Snor maand gewees het. Nou vir n ou wat self sukkel om Snor te groei let ek op na die "moets" en "moet nies" van snor groei, hier is hulle:
  • Moet nie jou snor aan die etens tafel kam nie(maar he altyd 'n snor kam byderhand).
  • As jy in gedagte is, moet nie jou snor se punte draai nie, jy maak hom olierig.
  • As jy verby 'n man stap en hy is eienaar van 'n Lip Leeu, is dit altyd goeie maniere om 'n ondernetlike knik aan hom te rig.
  • Knip oog vir 'n dame wat jou Snor aanskou.
  • As jy nie dood seker is waar die krummels op jou snor vandaan kom nie, moet dit nie eet nie.
  • Dit is baie belangrik om te verseker dat daar slegs een snor per liefdespaartjie is.
  • Moet nie vriende spot wat nie 'n snor kan groei nie, hy wens hy kon dit saam jou deel.
  • Moet nie snorre vergelyk nie, elke snor is uniek en het sy eie interesante persoonlikheid.
  • Lek jou snor deur die verloop van die dag, dit is genotvol en gee hom 'n gesonde son glinster.
  • Jou snor is deel van jou, en dra by tot wie jy vandag is... Gee hom 'n naam.
As jy hierdie reels volg sal jy ook deel uit maak van "The League of ExSNORdinary Gentleman", dra jou Snor trots.

No comments:

Post a Comment