Een-Dis-Maalvleis
Wat jy nodig het:
- 500g gemaalde beesvleis
- 250ml koue water
- sout en peper na smaak
- 150ml blatjang of meer na smaak
- 250ml rou rys
- 1 blikkie minstronesop of groente sop
- 1 blikkie geroomde sampioene
- 500ml kookwater
Gereed in 8 maklike stappe
- Verhit die oond tot 180'C.
- Smeer 'n oondvaste bak.
- Kap 'n ui en braai in 'n pan met 'n bietjie olyfolie.
- Meng die maalveis, koue water, sout en peper by die ui en kook dit vinnig sonder 'n deksel totdat al die vleoistof afgekook het.
- Skep die maalvleis in die bak.Smeer die bladjang bo-oor., strooi die rys oor. Gooi die sop oor en dan die sampioene. Laaste, gooi die kookwater bo-oor . BOOM! Kla!!
- Bedek met die deksel of met aluminiumfoelie en bak in die verhitte oond vir 1 1/2 uur.
- Bedien warm met groente van jou keuse.
- Geniet met 'n koue bier of net 'n klein glassie wyn!!

No comments:
Post a Comment